Bloedsomloopstelsel

Diagram om die bloedsomloop se vloei aan te dui.

Die Bloedsomloopstelsel, ook bekend as die kardiovaskulêre stelsel/vaskulêre stelsel, is 'n orgaanstelsel wat bloed toelaat om te sirkuleer en vervoer nutriënte (soos aminosure en elektroliete), suurstof, koolstofdioksied, hormone en bloedselle na ander bloedselle in die liggaam om sodoende siektes teen te veg, liggaamstemperatuur te handhaaf asook die regte pH balans en homeostase.

Om aan die lewe te bly, moet die menslike liggaam hitte en energie produseer; in die menslike liggaam, soos in die stoomenjin, word hitte en energie gelewer deur verbranding. Verbranding is 'n chemiese proses waardeur hitte opgewek word. Dit vind plaas wanneer suurstof met 'n ander element verbind. Voordat verbranding kan plaasvind, is daar dus twee dinge nodig: suurstof, en die een of ander element waarmee die suurstof kan verbind. Hierdie ander element is gewoonlik 'n stof wat koolstof of waterstof of albei bevat.

Die verbinding van suurstof (O) en koolstof (C) lewer, benewens hitte, 'n nuwe stof: koolstofdioksied of koolsuurgas (CO2). Die verbinding van suurstof en waterstof lewer selfs nog meer hitte, en deur hierdie chemiese reaksie word 'n baie algemene chemiese stof, water (H2O), gevorm.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search